MAAK MY HEEL HERE

 

My eie waterkruik het al male sonder tal

stukkend geval, Here…

Dan het ek dit sélf probeer regmaak.

Ek het die stukke probeer optel

en dit probeer lym en las.

Maar so ‘n kruik lek, Here…

My lymwerk is swak,

en my laswerk skeef.

Die water loop vinnig weg

en dié wat daaruit moet drink, bly dors…

 

Daarom wil ek vandag kom vra

dat Ú my sal heelmaak, Here.

Ek weet dat ek altyd broos sal bly,

en dit is ook reg so.

Maak my egter só heel

dat ek vir ‘n dors wêreld

die lewende water kan aanbied.

Maak my heel én vol.

Maak my vriendelik en geduldig,

eerlik en regverdig,

liefdevol en sensitief.

O, Bron van lewende water,

vul my met Uself

Gee my moed en deursettingsvermoë.

Gee my geloof en hoop.

Maak my hardwerkend

en help my om my plig goed te doen.

Maak my werklik U beelddraer,

‘n héél mens wat ander sal inspireer,

nié met my woorde nie,

maar met wie ek is in Jesus Christus.

Amen.

Advertisements

One thought on “MAAK MY HEEL HERE

Discussion settings done

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s